MANDI EN ANTON BOUWER SE FOTOALBUM
BLADSY 5 Vinnige besoek aan SA en ons nuwe huis
Nadat ons van Praag terug gekeer het was ons vyf dae lank in Suid Afrika. Ons het eers Kaapstad toe gegaan waar ons by Yzerfontein en die Bouwer ouers gekuier het. Daarna is Anton terug Budapest toe en Mandi voort na Natal waar sy vinnig by die Swart ouers gaan inloer het. Toe Mandi terug kom het ons getrek van ons woonstel na ‘n klein apartment met ons eie private tuin. Die trekkery het begin nadat Mandi en ‘n Australiese vrou begin baklei het oor die honde. Die Australier is baie groter as Mandi maar sy het nie terug gestaan nie en haar net so hard terug gevloek. Dit het ons egter ‘n rede gegee om uit die huurkontrak uit te kom. Nou bly ons in ‘n baie beter plek vir dieselfde prys! Hier is ‘n paar fotos van ons besoek en ook van ons nuwe plek.
Click op die foto as julle ‘n groter weergawe wil sien.
|
Wonderlike ou Tafelberg |
Ons huisie by Yzerfontein |
Ons plaas hek |
Uitsig vanaf die agter stoep met die see in die agtergrond |
Maggie slaap lekker |
Die plaas behoort aan Katte |
|
Attie maak vuil in die kombuis |
Ma Wilma word 61! |
Henco kry al die aandag op die lughawe! |
Annie alweer uitspattig! |
Mandi hou partytjie op die lughawe |
Anton tussen die Tulpe by die nuwe huis |
|
Mandi tussen die blommetjies in ons nuwe tuin. |
Mandi se easter eggs |
Anton en die honde in die tuin |
Die nuwe huis van buite |
Duiker spoor teen ons huis in die Kaap |
Anton bestuur weer links in Budapest |
|
|
|
|
|