MANDI EN ANTON BOUWER SE FOTOALBUM
BLADSY 4 Ons besoek Praag, Czech Republiek
Daar is ‘n moontlikheid dat ons na Praag moet verhuis. Ons is toe uitgenooi om te gaan kyk hoe lyk dit daar. Terwyl ons daar was gedurende die naweek van 7 April 2000, het daar ‘n projek opgekom wat Anton moes doen. Ons bly toe vir meer as 3 weke in Praag! Alhoewel die werk ure lank was het ons dit baie geniet, amper soos ‘n lang vakansie in die hotel met uitgaan elke aand. Praag is ‘n besondere mooi stad met vreeslik ou geboue en is die kultuurstad van Europa. Mandi het by konserte, katedrale en stalletjies uitgehang terwyl Anton werk. Mandi het ongelukkig op die eerste aand lelik gestruikel voor twee polisiemanne en haar ego het eers teen die einde behoorlik herstel. Natuurlik het Anton die skuld gekry omdat hy dan so laat in die aand in die donker strate wil gaan "rond donder".
Click op die foto as julle ‘n groter weergawe wil sien.
|
Mandi skrik groot! |
Ons slaap in die Szleta hotel |
Fotograaf van Budapest |
Miljoene toeriste op Charles Bridge |
Straat poppespel op Charles Bridge |
Mandi se nommerplaat |
|
Bootrit in Praag |
Mandi in die boot |
Anton knipoog vir Mandi |
Hou op afneem Mandi! |
Pragtige gebou in Praag |
Pragtige meisie in Praag |
|
Volmaan in Praag |
Anton werk laat |
Mozart se klavier |
Blinde & verlamde vrou. Ware inspirasie |
Anton eet rou oesters |
Don Giovanni poppespel |
|
Mandi ry koets in Praag |
Musiek uitvoering in katedraal |
Blaser by kristalfabriek |
Anton peins oor Praag |
Praag is vol torings |
Altyd tyd vir ‘n grappie |
|
|
|
|
|